500 myl

Die aangrypende verhaal van sewe kinders tydens ons Tweede Vryheidsoorlog.

Sinopsis

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het 420 000 Britse soldate in Suid-Afrika voet aan wal gesit. Die 18 000 Boere wat bereid was om te veg tot die dood was bekend as die Bittereinders. Nagenoeg 3 000 van hulle was seuns van vyftien jaar en jonger; die Penkoppe.

Een wintersnag skuins anderkant Brandfort het ʼn handjievol Penkoppe besluit om te vlug; Lukas Malan, Wit Willem Marx, Neef, die wille wragtags, Piet Ver Skiet Visagie en Kleinjan Tromp, en die twee jongetjies, Sybrandt Geldenhuys en sy tienjarige maatjie, Louwtjie Wessels.

Nie een van hulle sou daardie bittere koue nag ooit kon dink watter invloed ʼn brawe jong plaasmeisie, Sanna de Jager, later op hulle lewens sou hê nie.

Hierdie is hulle  verhaal.

Dit is die jaar 1901 …

Koop 500 Myl

Die Skrywer

Phillip C. Henn is fotograaf, akteur en kunstenaar wat die afgelope 25 jaar op ‘n klein kusdorpie aan die Tuinroete woon waar hy visvang, duine hardloop en diep oor alles nadink.

Die navorsing vir 500 Myl het nagenoeg 10 jaar gelede begin met die doel om ʼn draaiboek vir ʼn rolprent te ontwikkel. In Junie 2019 is die draaiboek finaal voltooi en nadat verskeie kundiges die draaiboek gelees het, is hy sterk aangeraai om eers hierdie aangrypende en emosiebelaaide verhaal in ʼn roman te verwerk.

Met die aanvang van Desember, ses maande later, is die eerste hardekopie boeke gedruk – ʼn beperkte eerste uitgawe. Produksie vir die rolprentprojek is reeds geskeduleer vir  Junie 2021.